Local news

Ermelo-stoeiers kry erkenning tydens Mpumalanga-prysuitdeling

Ermelo Stoeiklub se stoeiers en beamptes het tydens die Mpumalanga Stoeiprysuitdeling op 7 November by Middelburg Stoeiklub verskeie toekennings ontvang. Die klub het twee skilde ontvang as die klub met die meeste punte tydens die Mpumalanga Stoeivereniging (MSV) se kampioenskappe. Verskeie Ermelo-stoeiers is ook vir hul individuele prestasies in die verskillende ouderdomsgroepe erken. Zion Leonard

Ermelo Stoeiklub se stoeiers en beamptes het tydens die Mpumalanga Stoeiprysuitdeling op 7 November by Middelburg Stoeiklub verskeie toekennings ontvang.

Die klub het twee skilde ontvang as die klub met die meeste punte tydens die Mpumalanga Stoeivereniging (MSV) se kampioenskappe.

Verskeie Ermelo-stoeiers is ook vir hul individuele prestasies in die verskillende ouderdomsgroepe erken.

Zion Leonard is aangewys as die o. 9-vrystylstoeier met die beste prestasie in Mpumalanga, terwyl Luke Anderson dié toekenning in die o. 11-afdeling ontvang het.

Phillip van Dijk is as die beste o. 13-vrystylstoeier aangewys en WP Human het die toekenning in die o. 20-afdeling ontvang.

Die toekennings vir die mees wetenskaplike stoeier in die onderskeie ouderdomsgroepe het aan Ewan de Wet (o. 8), Llewellyn Strydom (o. 10), David de Wet (o. 13) en Lohan van Niekerk (o. 15) gegaan.

David de Wet het die toekenning vir die beste vordering in Grieks-Romeinse stoei ontvang.

WP Human is ook vereer vir die meeste agtereenvolgende Suid-Afrikaanse kampioenskapstitels in vrystyl.

Yvonne Oliver is aangewys as die provinsiale beampte van die jaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button