Local news
CMR nooi gemeenskap na jaarlikse Liggiessfees
Die CMR Child and Youth Care Centre nooi Ermelo-inwoners en besoekers om van 1 tot 30 Desember die feestelike ligvertoning by die sentrum in Petstraat te kom geniet.
ERMELO – Die CMR Child and Youth Care Centre bied van 1 tot 30 Desember hul jaarlikse Liggiessfees aan, waar besoekers die feesliggies saam met familie en vriende kan geniet.
Dit vind daagliks van 18:30 tot 20:30 by die sentrum in Petstraat 52, Ermelo, plaas.
Die toegangsfooi beloop R30 per persoon.
Koffie en tee sal gratis aan besoekers voorsien word.
’n Mini-snoepie sal ook oop wees waar verversings en peuselhappies te koop sal wees.
Die sentrum nooi die gemeenskap uit om die geleentheid saam met familie en vriende by te woon.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



