Letters

BRIEF: ‘Die SAP wat eens die trots van die land was, is nou ’n grap’

Hierdie tipe van dienslewering deur SAPS skree ten hemele.

Renier Botha skryf:

Mnr Mbuli wat aangerand is waar hy besig was om te werk is versaak deur SAPS.

Dit is afgryslik om vir ‘n klaer te sê ” Jammer as jy nie weet wie jou aangerand het nie het jy nie ‘n saak nie”

SAPS het ‘n regsplig om alle misdaad wat aangemeld word te ondersoek. As daar by my woning ingebreek word en ek rapporteer die huisbraak kan SAPS nie sê hulle gaan nie ‘n saakdossier aanlê en ondersoek nie, want ek weet nie wie die inbreker was nie.

Hierdie tipe van dienslewering deur SAPS skree ten hemele.

ALSO READ: Electrician assaulted at substation in Ermelo

Dit dui op swak bevel en algehele gebrek aan opleiding. Dit is duidelik dat lede nie die wet en/of die omskrywing van ‘n misdryf ken of verstaan nie.

Ek voel jammer vir Jan Publiek.

As ‘n voormalige offisier in die SAP skaam ek my vir hierdie tipe voorvalle wat daagliks in media vermeld word.

Eens die trots van die land is nou die grap van die land.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button