Local sport
Belangrike krieketstryd wag op JJ se o. 10-span
Laerskool JJ van der Merwe se o. 10-krieketspan pak Laerskool Nelspruit vandag om 10:00 in die halfeindstryd op Nelspruit se tuisveld.
ERMELO – Laerskool JJ van der Merwe se o. 10-krieketspan sal vandag in die halfeindstryd kragte teen Laerskool Nelspruit meet.
Die wedstryd begin om 10:00 op Laerskool Nelspruit se krieketveld.
Die jong krieketspelers sal alles in die stryd moet werp om hul plek in die eindstryd te probeer verseker.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



