Ermelo Stoeiklub beloon stoeiers vir hul prestasies
Die Ermelo Stoeiklub het op 21 Oktober sy algemene jaarvergadering en prysuitdeling by Laerskool JJ van der Merwe aangebied.
Die Ermelo Stoeiklub het op 21 Oktober sy algemene jaarvergadering en prysuitdeling by Laerskool JJ van der Merwe aangebied.
Die lede het dwarsdeur die jaar hard gewerk en is met wisseltrofees beloon.
JC Visagie is as die beste stoeier in die o. 5- en o. 6-groep aangewys.
Eckhardt Buskes was die beste van die o. 7-groep en Ewan de Wet van die o. 8’s. In die o. 9-groep was Zion Leonard die wenner en Llwellyn Strydom die beste van die o. 10-groep.
In die o. 11-groep was Luke Anderson die beste stoeier. David de Wet was die beste van die o. 13’s, Kyle Breytenbach die beste van die o. 15-groep en AJ van Niekerk was die beste van die o. 17’s.
JD Andersom het die trofee vir die moedigste stoeier ontvang en Phillip van Dijk het die beste gevorder.
Die trofee vir die beste beginner is aan DeAndré Burger oorhandig.
Kyle Breytenbach het die trofee vir die meeste toernooideelname ontvang, sowel as die trofee vir die strandstoeier van die jaar.
AJ van Niekerk het die trofee vir die mees wetenskaplike stoeier ontvang.
Zion het die trofee vir die meeste valle ontvang en deel ook die trofee vir die vinnigste val met Danie Strydom.
Die Hannes Dedekind-wisseltrofee vir Grieks-Romeins is aan MJ de Villiers toegeken.
WP Human het die merietetrofee ontvang. Hy het ook die Coetzer-skild vir die beste prestasie en die Johan Pretorius-wisseltrofee vir die Beste Junior ontvang.
Elke Pumatjie-stoeier het ’n skild ontvang, en Thomas-Jay van der Walt was die beste Puma-stoeier.
Gedurende die prysuitdeling het die klub ook vir Louis Marais as die afrigter van die jaar vereer en Silvija Breytenbach is as die beampte van die jaar aangewys.
Gilliaume en Lorette Strydom het die toekenning vir die toegewydste ouers ontvang.
Tydens die jaarvergadering het die klub ook afskeid geneem van Willem-Jan Human, wat ná 12 jaar sy afrigtersrol by die klub neergelê het, en hom vir sy diens bedank.













