Supermark loods nuwe betaalpuntstelsel

Die stelsel is ontwerp om ’n egalige en regverdige vloei by betaalpunte te verseker en waarborg dat kliënte vinniger deur die betaalpunte sal beweeg.

Verby is die dae van lang rye by betaalpunte net om te vind dat die persoon voor jou ’n probleem het en jy sien hoe almal om jou kom en gaan.

Pick n Pay se nuwe “fair queue system” (billike betaalpunt-stelsel) het Maandag in werking getree.

Die stelsel is ontwerp om ’n egalige en regverdige vloei by betaalpunte te verseker en waarborg dat kliënte vinniger deur die betaalpunte sal beweeg.

Die algemene mening van kliënte wat dit reeds ondervind het, is dat dit die betalingsproses baie vinniger en gemakliker maak.

Hoewel baie mense die stelsel nog vreemd vind, is die bestuur oortuig daarvan dat as almal eers die stelsel gewoond is, hulle wel die gemak en waarde daarvan sal ervaar en waardeer.

“Ons is baie dankbaar vir almal se geduld tydens die verbouings en stel jul volgehoue ondersteuning hoog op prys.

“Ons hoop om vanjaar se Kersinkopie-ervaring die beste nog te maak by Pick n Pay Ermelo,” is die boodskap van D.J. Koch (eienaar).

Volgens mnr. Koch is die sentrumeienaars tans besig met die opgradering van die sentrum wat ook sal bydra tot ’n verbeterde inkopie-ervaring.

Hulle beoog om vroeg in die nuwe jaar die verbeterings te voltooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button