EntertainmentLifestyle

Hoëveld #Landboufees beloof om vanjaar selfs groter te wees

“Extreme Inflatables” sal by vanjaar se skou te sien wees met ’n spookhuis, vuurpyl en ’n reuse glybaan.

Die Hoëveld Landboufees wat van 7 tot 9 Maart op die skouterrein gaan plaasvind, beloof om vanjaar selfs groter te wees as ooit van te vore.

Die komitee het vanjaar baie moeite gedoen om nuwe asem in die skou in te blaas en sien uit na die nuwe pretpark wat die opwagting sal maak.

“Extreme 4×4” sal skougangers die geleentheid gee om Vrydag, 8 Maart en Saterdag, 9 Maart die hindersbaan in die “rockcrawlers” aan te durf.

Hulle sal ook ‘n uitstalling van veteraanmotors, 4×4 benodighede en kamptoerusting aanbied.

“Extreme Inflatables” sal by vanjaar se skou te sien wees met ‘n spookhuis, vuurpyl en ‘n reuse glybaan.

Koos Schoonraad, wat sedert 2004 by INNIBOS se drankstalletjies betrokke is, is vanjaar by die skou te sien met ‘n wyn- en gintuin.

Die kosstalletjies, restaurant en biertent sal sorg dat niemand honger of dors sal wees nie.

Vir die inkopie-lustiges sal die stalletjies in die sale en op die terrein meer as genoeg bied.

Die skoukomitee het mnr. Bernard Scheepers en sy manne bedank vir die sny van die skouterrein se gras.

Toegang beloop R30 pp vir skoliere en R60 pp vir volwassenes. Voorskoolse kinders wat vergesel word deur ouers sal gratis toegang ontvang.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button