EntertainmentLifestyle

Standerton Landbou Skou 2019: Skoupresident aan die woord

Kom beleef en ondersteun die kunstenaars, uitstallers en vertoners wat van regoor die land moeite doen om in ons dorpie te kom kuier en belê.

Standerton, dis weer tyd vir skou!

Ek is dankbaar vir my fantastiese span wat vir maande al hard werk saam met my.

Ek is dankbaar vir ‘n gemeenskap en vriende wat opgewonde is oor die voortbestaan van ons dorp se skou en graag met ons wil hande vat.

Ek is dankbaar dat ons Skepper ons die geleentheid gee.

Ons bly trots dat ons steeds DEKALB, as hoofborg, se naam aan ons s’n mag koppel, maar trotser oor die projekinisiatiewe, borge en dienste wat ons bymekaar kon maak uit ons eie geledere en vriende van die skou.

Dit is van onskatbare waarde om eenmaal ‘n jaar te kan kuier saam met mense wie se harte ‘skou’ klop.

Die terreinplan bars uit sy nate en die program vir 2019 hou ‘n rits hoogtepunte vir jonk en oud in.

Ons is opgewonde om dit met julle te deel!

Hou ons “Facebook”-blaaie dop – dit kóók:

‘Standerton Landbou Skou’

‘Standerton Veeskou’

‘Standerton Saalperdskou’

Aan my komitee:
André du Plessis (vise-president)
Ludwig Claassen (president – Veeskou)
Andrea Hipkin (vise-president – Veeskou)
Jabbies Lötz (president – Saalperdskou)
Kobus van Heerden (vise-president – Saalperdskou)
Deirdré Joubert (skousekretaresse)
Eubus Pretorius
Gert Koch
Ivett van Rooyen
JT Eksteen
Eda Janse van Rensburg
Madalea Scharneck
Marisca Vosloo
Barend van Zyl
Danie Scharneck
Susan Jonker
Chris Pretorius
Juandré du Plessis
Shandré van den Heever
Carla du Plessis

Ek gaan nog eendag standbeelde van julle laat maak, julle is staatmakers!

Standerton, kom maak ‘n draai by ons skou. Kom beleef en ondersteun die kunstenaars, uitstallers en vertoners wat van regoor die land moeite doen om in ons dorpie te kom kuier en belê.

Ek en my span sien uit om julle daar te sien!

Skougroete
René Pretorius (president)

Lees die program hier: 

https://standertonadvertiser.co.za/standerton-landbou-skou-2019/

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button