Frank Opperman bied suksesvolle eenmanvertoning by Ligbron aan
Frank Opperman bekoor Ermeloërs met sy emosiebelaaide eenmanvertoning vol humor, nostalgie en pynlike onthullings.
ERMELO – Teaterliefhebbers is op 22 Mei met ‘n onvergeetlike ervaring getrakteer toe die bekende akteur, Frank Opperman, sy eenmanvertoning, Reünie, by Ligbron Akademie vir Tegnologie aangebied het.
Die aand, georganiseer deur Ligbron se beheerliggaam, was vol storievertellings, humor en emosionele diepte.
Opperman het die gehoor as Petrus Boshoff op ‘n reis na sy 40-jarige skoolreünie by Hoërskool Totius geneem.
Die reünie, wat weens Covid-19 uitgestel moes word, sou Petrus uit eie wil nooit bygewoon het nie – hy is daar op aanbeveling van sy psigiater.

Deur die loop van die aand het ou bekendes, wat Petrus na 43 jaar weer ontmoet, die geleentheid gehad om hulle lief en leed met hul klasmaats en die gehoorte deel.
Die teks, deur die talentvolle Dana Snyman geskryf, dryf fyn die spot met geykte sêgoed en stereotipiese Afrikaner-karakters, soos net Snyman dit kan beskryf.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.



