Ligbron-leerders pak 2025 se Have a Heart-uitdaging aan

Die skool nooi ook die gemeenskap om ook by die inisiatief betrokke te raak. Die skenkings kan by Ligbron se kantoor afgegee word.

ERMELO – Die leerlinge van Ligbron Akademie vir Tegnologie het vanjaar se Have a Heart-projek reeds met ywer afgeskop, met die doel om hul skool se hart rooi te kleur – een skenking op ’n slag.

Die projek, wat jaarliks aangebied word, moedig die leerders aan om toiletware en noodsaaklike higiëne produkte vir kinders wat ’n helpende hand benodig, bymekaar te maak.

Met elke produk wat ingesamel word, ontvang die skenker ’n rooi plakker wat op die groot hart by die skool geplak word.

Die mikpunt vir 2025 is om dié hart met rooi plakkers vol te maak.

Elke graad het ’n spesifieke item waarvoor hulle verantwoordelik is:
• Gr. 8: Sjampoe
• Gr. 9: Lyfroom
• Gr. 10: Seep en tandepasta
• Gr. 11: Deodorant
• Gr. 12: Aanrolreukweerder.

Die skool nooi ook die gemeenskap om ook by die inisiatief betrokke te raak.

Die skenkings kan by Ligbron se kantoor afgegee word.

Met elke plakker wat op die hart verskyn, kom die skool nader aan hul doelwit om nie net ’n hart vol produkte te maak nie, maar ook om ’n gemeenskap wat omgee, te kweek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button