Hanno de Beer beoordeel Ermelo Fotoklub-inskrywings
Die vasgestelde onderwerp was 'Backlighting', Kyla Eksteen het die juniorafdeling gewen en Jacques Kruger het die seniorafdeling gewen.
ERMELO – Hoewel die Ermelo-fotoklub nie gedurende Julie ‘n klubaand gehou het nie, het lede steeds hul maandelikse foto’s vir beoordeling ingedien.
Die inskrywings is beoordeel deur Hanno de Beer, ‘n Suid-Afrikaanse fotograaf wat tans in Nederland woon, maar steeds lid is van die Photographic Society of South Africa (PSSA).
In die opekategorie was Lyn-Marie Hattingh die wenner van die 1-sterafdeling met haar foto, ‘Mexican Snowball’.
Este Kapp het die 2-sterafdeling gewen met haar foto, ‘Frosted Succulent’, en is ook as die junior algehele wenner aangewys.
Judy Cronje het die 3-sterafdeling gewen met haar foto, ‘The Watcher’.
Daar was geen inskrywings in die 4-sterafdeling nie.
In die 5-sterafdeling het Adele Smit met haar foto ‘Green Emerald Wasp’ geseëvier. Dié foto is ook as die algehele senior wenner aangewys.
Die vasgestelde onderwerp vir Julie was ‘Backlighting’.
Kyla Eksteen het die juniorafdeling gewen met haar foto ‘Golden Hour’, terwyl Jacques Kruger die seniorafdeling gewen het met sy foto, ‘Bunny’.
Die Ermelo-fotoklub bied maandeliks aan fotograwe die geleentheid om hul vaardighede te ontwikkel en hul werk deur ervare beoordelaars te laat evalueer.
Die klub se volgende byeenkoms is op 14 Augustus.
Belangstellendes wat by die klub wil aansluit, kan ‘n e-pos stuur na ermelofotoklub18@gmail.com.



