School sportSport

Bergvlam stuur vyf skutte na SA’s

'n Totaal van vyf leerlinge sal tydens die Oktober-skoolvakansie aan die nasionale skole skiet kampioenskappe deelneem.

NELSPRUIT – Hoërskool Bergvlam het vyf leerlinge wat tydens die Oktober-skoolvakansie aan die nasionale skole skiet kampioenskappe in Johannesburg gaan deelneem.

Marisa Golding was die wenner by die Laeveld Streekskampioenskappe. Sy is ook as die algehele Mpumalanga kampioen aangewys by die finale proewe. By die Laeveld Streekskampioenskappe het Duncan McGee ‘n derde plek en Dieter Nieuwenhuis ‘n vierde plek behaal.

Neo Masebalanga en Nipho Malatsi is in die Mpumalanga Lugpistool-span ingesluit. Lugpistool is verlede jaar as deel van die transformasieproses in skoleskiet deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Skool Skieters Unie van stapel gestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highway Mail in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button