Basaar by NG Kerk Edleen
DIE NG Gemeente Edleen hou op 27 Februarie vanaf 9vm ‘n groot besaar op die kerkterrein in Okkerneutlaan.
Een van die hoogtepunte van die dag is beslis die potjiekoskompetisie waar die wenner ‘n weeklange vakansie kan losslaan.
Inwoners wat wil inskryf kan Peter by 081-417-2476 skakel of Emsie by 072-343-2090.
Ander dinge om na uit te sien op die dag is pannekoek, kerrie-en-rys, poedings, koekverkope, boeke en handwerk, witolifant, koeldrank, boereworsrolle, tjips, skyfskiet, lekkergoed, springkasteel, sandkuns, gesigverf, sosaties, vlooimark, biltong en droƫwors.