Gilde hou winterdans
DIE Witwatersrand-tak van die Boeremusiekgilde bied op 6 Junie ‘n winterdans in Boksburg aan.
Dit vind plaas by Wit Deep Primary School, hoek van Tait- en Fieldstrate in Witfield en begin om 5nm.
Die besgeklede paartjie sal ‘n prys wen.
Kerrie-en-rys sal te koop wees. Bring jou eie verversings saam.
Top jeug- en senior orkeste sal die musiek verskaf.
Vir meer besonderhede, skakel Kobus by 072-292-5461.