Leer om jou familie na te spoor
Herfsland Aftreeoord, met die hulp van lede van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika en die Vriende van Kempton Park Biblioteke, bied ‘n inleidende kursus oor die opteken van families aan op Saterdag, 30 Mei om 9vm, in die saal van Herfsland in Cactuslaan.
Dit begin met ‘n praatjie oor die belangrikheid van die bewaring van foto’s en daarna word kursusgangers gehelp om vorms in te vul wat vir die nageslag bewaar kan word.
Dit is gratis vir Herfsland-inwoners en R50 vir die publiek, wat terselfdertyd as fondsinsameling vir die aftreeoord gebruik sal word.
Bring net ‘n pen of potlood saam.
Vir meer inligting, skakel Ellen Harmse by 011-972-0003 of 072-594-9050.