Liewe Heksie Saterdag by Carnival

Lefra Produksies toer reeds sedert 2009 met baie suksesvolle Liewe Heksie-produksies.

Twee nuwe Liewe Heksie-stories het nou die lig gesien en die jongspan kan nader skuif, want Liewe Heksie en haar kaboutermaats besoek die Mardi Grasteater in Carnival City op Saterdag, 30 Mei om 10vm.

Besprekings kan gedoen word deur Computicket te skakel by 0861 915 8000 of bespreek aanlyn www.computicket.com.

Back to top button