NG Kerk hou winterfees

‘n Winterfees word op 31 Julie en 1 Augustus deur die NG Gemeente Birchleigh by Laerskool Birchleigh aangebied.

Behalwe vir allerlei eetgoed is daar ook vermaak vir oud en jonk, wat ‘n pretpark insluit.

Stalletjies teen R300 elk is beskikbaar.

Skakel Susan Moolman by 011-391-2498 of 082-744-1119 of ds Dean Reiners by 060-609-5068.

Back to top button