Local newsNews

KYK: Allen Park rolbal hou ‘hobodag’

Wat gaan aan by Allen Park Rolbalkub?

Sowat 21 verslete en verwaarlose rolbalspelers het Saterdag Allen Park se rolbalbaan betree.

Weg was die gewone, netjiese, witgeklede vroue en mans. Dié is vervang met slordige spelers in laslappie-broeke, geskeurde hemde en musse. Daar was selfs ’n drankbottel of drie teenwoordig en ’n bordjie wat lees job pleez.

Maar hoe dan nou? Néé, Allen Park se rolbal gaan nie agteruit nie, dit was maar net die klub se hobodag.

Ten spyte van die koue en dreigende reën, was die spelers duidelik opgewonde om die spel, in hul kreatiewe uitrustings, te begin.

“Ons hou hierdie dag om vir die klub geld in te samel,” het lid Engela Wehr aan Express gesê.

Met selfs ’n toon of twee wat by van die spelers se geskeurde tekkies uitgeloer het, het dié klub beslis al die finansiële ondersteuning nodig wat hulle kan kry. Daar was immers selfs ’n speler wat ’n Kempton Express as kombers gebruik het.

Hier is nog foto’s

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button