Local newsNews

Makietie vir Allen Park se oudstes

Die 92-jarige Jaap Visser meen hy het nog die gees van 'n 18-jarige.

Vyf-en-twintig kersies, elk op ’n heerlike kolwyntjie, is Vrydagoggend by die Allen Park Aftree-oord in Cactusweg uitgeblaas.

Die eregaste van dié partytjie was al die tuiste se inwoners wat vanjaar 90 jaar oud of ouer is. Die jongste verjaarsdagmeisie wat makietie gehou het, was die 90-jarige Sussanna Erasmus.

Raatjie Houman, wat vanjaar 101 jaar oud is, het die kroon vir oudste inwoner gevat.“Ons is so geseënd om hierdie dag saam met julle te vier,” het Allen Park se leefstylbestuurder Sarie Scheepers aan die verjaarsdagmaats gesê.

Daarna het die inwoners elk ’n koppie tee geniet en saam geklets.

Die 92-jarige Jaap Visser meen hy het nog die gees van ‘n 18-jarige.

Kyk hier na nog foto’s

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button