Local newsNews

Moenie vanaand se Kempie-fees met Steve en Refentse mis nie

Kaartjies sal by die hek beskikbaar wees

Steve Hofmeyr en Refentse is die gaskunstenaars by Hoërskool Kempton Park se Kempies-fees by die skool op 14 September.

Voor dié twee groot kanonne egter op die verhoog verskyn sal die Kempies eers hul beurt kry met Kempies Got Talent om 3nm en die kroning van Mnr en Mej Kempie om 4nm.

Refentse kom om 7nm aan die beurt en Hofmeyr om 8.30nm.

Refentse Morake is ‘n Afrikaanse sanger wat in Vereeniging grootgeword het. Hy was 17 toe hy op die sypaadjie van sy ouerhuis in Unitaspark, ‘n voorstad van Vereeniging, opgemerk is terwyl hy kitaar gespeel en gesing het.

Refentse Morake is een van die gaskunstenaars by die Kempies-fees in September.

Die hekke open om 2nm en sal om 11nm sluit. Bring jou eie piekniekmandjie saam as jy so voel, of koop verversings by die skool. Kaartjies kos R150 volwassenes, R100 hoërskoolkinders en R50 laerskoolkinders.

Kaartjies is beskikbaar by die skoolkantoor, op www.kempiesfees.co.za, asook die dag by die hek.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button