Local newsNews

Skrywer stel nuwe boek in Oktober bekend

Die funksie begin om 10vm en behels ’n gesprek tussen Deon en sy uitgewer oor die boek.

Die nasionale bekendstelling van Deon Meyer se nuutste boek Prooi vind op 23 Oktober tydens die gesamentlike byeenkoms van leeskringe in en om Pretoria by die Moreletapark Gemeente in Pretoria plaas.

Dit sal ook die eerste geleentheid wees om die boek te bekom, selfs voordat dit in boekwinkels beskikbaar gaan wees.

Die funksie begin om 10vm en behels ’n gesprek tussen Deon en sy uitgewer oor die boek, vermaak deur die sangers Linette van der Merwe en Chris Mostert en agterna, tee en verversings. Parkering is gratis én veilig.

Toegang is R80. Kaartjies is vooraf beskikbaar by https://tickets.tixsa.co.za/event/Prooi, maar sal ook die oggend van die funksie by die deure gekoop kan word. Sitplekke is onbespreek.

Gaste word versoek om ’n boek saam te bring om te skenk aan ’n biblioteek waar die lesers nie die voorreg het om daagliks deur goeie boeke omring te wees nie. Vir navrae skakel Clare Williams by 021 406 3477.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button