Local newsNews

Helpende Hand deel Paasvreugde uit

Pieterse sê hierdie projek het baie vir al die hulpbehoewende bejaardes, hoësorg bejaardes, kinders en volwassenes beteken.

Solidariteit Helpende Hand se Kemptonpark-tak het, met die hulp van die junior stadsraad van Johannesburg, gehelp om Paasvreugde onder hulpbehoewende bejaardes en kinders te versprei.

Ella Pieterse, die takvoorsitter, sê in die gees van Paasfees het Helpende Hand van 26 tot 29 April bederfpakkies aan hulpbehoewendes van onder meer die middestad, Allenpark, Kemptonpark-Wes en Bredell-karavaanpark uitgedeel.

“Die projek het nie net daarop gefokus om lekkernye uit te deel nie, maar was hoofsaaklik gemik om met al die ontvangers, oud en jonk, oor God se kruisiging en opstanding te gesels om die behoeftiges bietjie te bemoedig.”

Volgens Pieterse het haar tak altesaam 1 090 paaseiers ingesamel en uitgedeel. Die junior stadsraadlede en ondersteuners van Helpende Hand het ’n handjie bygesit om die paaseiers in te samel.

“Tannie Annatjie Human van Allenpark het ons ook baie gehelp. Sy het ons met haar loopraam na elke huisie geneem om lekkernye uit te deel. Sy is Helpende Hand se steunpilaar en leier by dié tuiste vir meer as nege jaar. Sy is nou 84.

“Ons wil vir haar en die junior stadsraad uit die diepte van ons hart bedank. Hulle het ’n groot verskil gemaak.”

Pieterse sê hierdie projek het baie vir al die hulpbehoewende bejaardes, hoësorg bejaardes, kinders en volwassenes beteken.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button