Local newsNews

Boksburg-gemeenskap geruk na sinnelose moord op onderwyseres

Die polisie is nog besig om die saak te ondersoek.

Die Boksburg-gemeenskap is in rou gedompel na die moord op afgetrede onderwyseres Linda Helena Breytenbach (66) op 19 Mei.

Sy is met ‘n plastieksak versmoor.

Volgens Rainier Myburgh, waarnemende hoof van Laerskool Goudrand, het Linda haar lewe lank in Boksburg gewoon. Sy het vir byna 40 jaar Afrikaans by Laerskool Goudrand gegee tot sy amptelik in 2018 afgetree het.

Sy het haar kwalifikasie by die NKP verwerf en daarna byna ’n jaar by Laerskool Concordia skoolgehou.

Sy het toe by Laerskool Hennie Basson, wat nou bekend staan as Laerskool Goudrand, begin skoolhou.

“Sy was opgelei om aardrykskunde te gee en het ook nie geskroom om by naskoolse aktiwiteite soos netbal betrokke te raak nie,” voeg Myburgh by.

“Kinders en onderwysers was lief vir Linda en is diep geraak deur die tragiese gebeurtenis. Die positiewe invloed wat sy op die leiers en biblioteek gehad het, sal altyd onthou word. Hier was haar werk altyd van uitstaande gehalte.

“Ons is baie dankbaar dat sy ’n aflospos gedurende die kwartaal by ons aanvaar het.”

“Sy het nie verdien wat met haar gebeur het nie. Sy was ’n liefdevolle, hulpvaardige mens wat uit haar pad uit sou gaan om mense te help,” vertel Jessica Prinsloo, sekretaresse by Laerskool Goudrand.

Laerskool Witfield, waar sy in 2019 vanaf die tweede kwartaal in ‘n aflospos Afrikaans gegee het, is ook hartseer en diep geskok.

“Ons kan nie verstaan hoekom dit met haar gebeur het nie en wil ook graag ons meegevoel met haar geliefdes deel,” sê Liana Gemmell, onderwyseres van Laerskool Witfield.

Die begrafnisdiens was vandag om 12nm by die NG Kerk Witfield plaas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Riaan Engelbrecht

Chief Sub Editor at Caxton Media
Back to top button