NG Kerk Kempton-Kruin vier Pinksterfees
Die Pinksterreeks word gelei deur Prof Stephan Joubert.

NG Kempton-Kruin bied hul jaarlikse Pinksterfeesvierings vanaf 2 tot 6 Junie aan.
Die tema vanjaar is “Leef geloofvol, leef stylvol op die Here se pad”.
Die Pinksterreeks word gelei deur Prof Stephan Joubert.
Die program is soos volg:
2 Junie om 5.15nm: “God is nou hier; God is orals.”
3 Junie om 10vm en 6.30nm: “Lewenslank getrou; lewenslank dinamies. Vasbytgeloof in die voetspore van Josua.”
4 Junie om 10vm en 6.30nm: “Jammer om te hoor van u moeilikheid, Jesus. Beleef Christus se gunsteling rolle vir sy dissipels.”
5 Junie om 10vm en 6.30nm: “Kyk God reg raak.”
6 Junie om 10vm en 6.30nm: “Wanneer vreugde wen. Die hartklop van God se wil.”
Daar sal ook afsonderlik vir die kinders ‘n kinderpinkster op Sondag om 5.15nm wees, asook om 6.30nm Maandag tot Donderdag.
Almal is welkom. Die kerk is in Fiskaalstraat 30, Glen Marais. Skakel die kerkkantoor by 011 391 1343 vir verdere navrae.
