Hartseer jaarlikse reünie vir Denique VLU
Denique VLU, wat in die aand vergader het, is op 6 Mei 1996 gestig.

Die jaarlikse reünie van die ontbinde Denique VLU-tak in Mei was ’n hartseer geleentheid.
Kerse is aangesteek vir die laaste voorsitter van die tak, Elize Breytenbach, wat op 4 Desember laasjaar dood is, asook vir Bettie Delport, wat op 2 April dood is.
Die kerse is deur Dalene Joubert en Esme Geyer aangesteek.
Denique VLU, wat in die aand vergader het, is op 6 Mei 1996 gestig. Een-en-twintig jaar later, het hulle in 2017 ontbind.
Voormalige lede het daarna besluit om jaarliks ’n reünie te hou waar daar oor die verlede gesels kan word. Vanjaar se geselligheid is deur Magda Sliep en Tasha Podmore aangebied.
Die tafels was keurig versier en die kos uit die boonste rakke.
Laetitia Marais, wat die laaste jare se beoordeling van takitems behartig het, het ’n paar items uitgelig en almal was dit eens dat sy altyd pittig en humoristiese kommentaar gelewer het.
Enige oud-lede wat by die jaarlikse byeenkoms betrokke wil raak, kan ’n WhatsApp boodskap na Sliep by 072 380 7993 stuur.

