Local newsNews

KYK: Kempton-sjef ‘kinkel’ op Kokkedoor

Kokkedoor se uitsending van die nuwe reeks het op 18 Julie om 8nm op kykNET (kanaal 144) begin

Die smeulende aromas van sjef Danie du Toit (33) van Palmlaan het omtrent gewoel toe hy Express ’n voorsmakie gegee het van wat om van hom te verwag in die nuutste seisoen van Kokkedoor.

Die nuwe reeks het op 18 Julie op kykNET (kanaal 144) begin.

Volgens dié kinkelkok is die nuutste reeks iets besonders en is herskep om dit interessanter te maak. Sonder dat Du Toit te veel mag verklap, vertel hy dat die eerste uitdunrondte iets is om na uit te sien.

Die kookkompetisie sal met 30 deelnemers afskop, wat onder meer 20 ‘onthoukokke’ en 10 ‘kinkelkokke’ insluit. Du Toit sê dié seisoen het vir ’n slag in Kaapstad afgespeel.

Du Toit het sy voete in 2005 agter die stoof gevind toe hy na skool by ’n sjefskool aangesluit het. Hy is nou al 14 jaar in die bedryf. Sy loopbaan het in ’n Pretoriase bakkery begin, vanwaar hy toe later by ’n restaurant in Johannesburg aangesluit het.

“Ek het myself daar opgewerk totdat ek hoofsjef was, maar toe dink ek dis nog te vroeg vir my om so iets te doen.”

Volgens hom was dié hoofpos nie die ideale posisie op 22-jarige ouderdom om optimaal te kon leer kook nie.

Du Toit het toe tydelik na Dubai verhuis waar hy by ’n Japanese restaurant, genaamd Zuma, gewerk het.

“Daar is slegs vyf van dié restaurante wêreldwyd en dit bied behoorlike vyfster Japanese geregte. Dit bly steeds ’n reuse invloed in my kookkuns tot vandag toe,” sê hy.

Hy vertel hoe hy ook privaat-sjefwerk gedoen het en hy eksklusief vir klante gekook het. Hy het vir ’n jaar by ‘n gesin in Sandton gewerk, wat hy tot al die kruidenierinkopies moes doen.

Du Toit sê dat hy van “fine dining” hou, maar dat hy later besef het dit was nie sy ware passie in die industrie nie. “Ek is meer iemand wat mal is oor straatkos.”

Sy besigheid staan bekend as Pan & Knife, wat ook staan vir “man and wife”,” grap hy.

Volg vir Du Toit gerus op Facebook by @daniekokkedoor of @panandknife.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button