Local newsNews

VF Plus se plakkate kry voete voor tussenverkiesing

Die strate sal tot en met die verkiesing gepatrolleer word om te sorg dat plakkate veilig op die pale bly.

Die VF Plus gaan ‘n klag by die Verkiesingskommissie (OVK) indien nadat ‘n groot hoeveelheid van die party se verkiesingsborde in Wyk 15 verwyder en ander gesteel is.

So sê Jennifer Glover, VF Plus-raadslid in Ekurhuleni.

“Die VF Plus se kandidaat, Johann Jordaan, en sy span is reeds maande besig met ‘n verkiesingsveldtog met die oog op die tussenverkiesing wat op 7 Augustus in die wyk plaasvind. Die skuldiges gaan beslis nie wegkom nie. Die strate sal tot en met die verkiesing gepatrolleer word om te sorg dat plakkate veilig op die pale bly,” het sy gesê.

“Mense wat hulle aan sulke gedrag skuldig maak, kan volgens die Verkiesingswet krimineel vervolg word en ‘n boete of gevangenisstraf van tot 10 jaar opgelê word. Politieke partye wat hulle hieraan skuldig maak kan ‘n boete van tot R200 000 opgelê word en in die proses hul verkiesingsdeposito verloor.”

Die VF Plus het ‘n beroep op hul kiesers gedoen om die oë en ore van die party te wees en indien hulle enigiemand sien wat hulle aan so ‘n oortreding skuldig maak, die sekretaris van die Verkiesingshof by 051 412 7400 of vir Glover by 072 217 1951 te skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button