Local newsNews

AfriForum doen sy deel in Kempton Park in Maart

'Ons is verantwoordelik vir ons eie veiligheid,' se voorsitter

Die AfriForum-buurtwag in Kempton Park het die gemeenskap in Maart deurlopend bygestaan en verskeie voorvalle hanteer.

Die buurtwag het suksesvol aan die volgende aksies deelgeneem, het Jan Vermaak, takvoorsitter, gesê:

• Hulp aan ’n inwoner wat uit sy rolstoel geval het;

• Bystand tydens ’n aanrandingsvoorval;

• Bystand tydens ’n in hegtenisneming;

• AfriForum se nasionale patrollie waartydens nege patrolleerders 529km in nege voertuie afgelê het;

• Operasionele bystand aan ’n hawelose man wat mediese sorg by ’n hospitaal benodig het;

• Ontbied nooddienste om ’n bejaarde vrou wat geval het na ’n hospitaal te vervoer;

• Ontbied nooddienste, sper die pad af en reguleer verkeer op ’n ongelukstoneel waar ’n 16-jarige seun raakgery is;

• Gebruik saam met Sec Pros Sekuriteit ’n selfoonsein om ’n voertuig, wat tydens ’n gewapende rooftog gesteel is, in Thembisa op te spoor; en

• Hulp met brandbestryding in samewerking met SSS Sekuriteit en Sec Pros Sekuriteit se brandwa.

Volgens Vermaak is dit belangrik om aktief en sigbaar in die gemeenskap te wees om kriminele elemente uit die gebied te dryf.

“Ons is verantwoordelik vir ons eie veiligheid en kan dit bereik deur op ’n gemeenskaplike doel te fokus.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button