Tuinier sterf op P91
ETIENNE LOUW skryf: ‘n Tuinier wat by Birch Park-kompleks in Peplerstraat werk, is Maandagaand (15 Julie) omstreeks 16.40nm op die P91/R25-pad (oorkant Hoërskool Birchleigh se sportvelde naby Peplerstraat) doodgery. Hy het oor die pad gestap en ‘n bakkie het hom getref. Hy was op pad na Birch Park. Dit is teleurstellend dat ‘n mens so …
ETIENNE LOUW skryf:
‘n Tuinier wat by Birch Park-kompleks in Peplerstraat werk, is Maandagaand (15 Julie) omstreeks 16.40nm op die P91/R25-pad (oorkant Hoërskool Birchleigh se sportvelde naby Peplerstraat) doodgery.
Hy het oor die pad gestap en ‘n bakkie het hom getref. Hy was op pad na Birch Park. Dit is teleurstellend dat ‘n mens so moet sterf.
Terwyl die polisie die ongelukstoneel gefynkam en opmetings gedoen het (geen metropolisie in sig nie) het ek besef hoe gevaarlik die pad van die dood is.
Geen straatligte, verblykte strepe, nou pad en kooltrokke wat verbyvlieg en dan is die padoppervlak slegter as ‘n grondpad op ‘n plaas.
Nou ja, ons moet maar sterf en aangaan. Dit is mos alledaags en nie daardie goeie ou dae nie.
Kan SANRAL dalk nie help om die P91/R25 reg te maak en te verbreed nie? Hul kantore word elke dag beman en die ligte brand maande lank al by die e-tolpunte.
