LettersOpinion

Beukeslaan nie vernou nie

Dit laat ons met 'n stofpad tot ergenis van almal

LUCAS DE BEER van Glen Marais skryf:

Almal van ons wat gebruik maak van Beukeslaan het seker al teen hierdie tyd gewonder waarom ‘n deel van die pad herwin is en die werk toe gestaak is.

Dit laat ons met ‘n stofpad tot ergenis van almal wat die pad in hul daaglikse roete gebruik.

Die oorspronklike kontrak het gelees dat Beukeslaan in sy totale lengte en breedte herwin sou word en dat ‘n nuwe blad gelê sou word om die oue te vervang. Die masjiene, voertuie en arbeid is ontplooi om die kontrak na te kom.

Die werk moes egter gestop word nadat ‘n onbevoegde amptenaar besluit het dat Beukeslaan in totaal vervang moet word met ‘n 6m ryvlak. Dit beteken die pad sal so wyd wees soos die pad om Pampoenpaleis. Daar sal geen parkering of verbygaanspasie op die ryvlak wees nie.

Waarom word hierdie onbevoegde amptenaar toegelaat om sulke kritieke besluite te neem sonder om die gebruikers in aanmerking te neem? Die persoon moet onmiddellik tot verantwoording geroep word vir sy ondeurdenkte idees.

Miskien is dit ook maar net deel van al die korrupsie wat aanvaarbaar is vir die kiesers, maar nie aanvaarbaar is vir die belastingbetalers nie.

Sam Modiba, woordvoerder van die metro, antwoord:

Slegs ‘n gedeelte van Beukeslaan, tussen Rietfonteinweg en Adreastraat, moet gerehabiliteer word. Die volle wydte van die pad sal 9m wees.

Die gedeelte tussen Rietfontein- en Stephanusweg is baie wyd en sal na 8m vernou word met 2m sypaadjies aan albei kante om vir die voetgangers in die gebied voorsiening te maak.

Dit beteken daar sal meer as genoeg spasie vir motors wees, naamlik 4m bane in albei rigtings.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button