LettersOpinion

Bankkaart amper weg by OTM

JOHAN LABUSCHAGNE van Van Riebeeckpark skryf: Ek wil almal wat die kitsbank by die Shell-vulstasie in Van Riebeeckpark en dalk ook die res van Kemptonpark gebruik, daarop wys dat ‘n Indiërman in sy laat veertigs met ‘n bril my bankkaart van my wou afneem toe ek wou geld trek op 24 Oktober omstreeks 7.30nm. Die …

JOHAN LABUSCHAGNE van Van Riebeeckpark skryf:

Ek wil almal wat die kitsbank by die Shell-vulstasie in Van Riebeeckpark en dalk ook die res van Kemptonpark gebruik, daarop wys dat ‘n Indiërman in sy laat veertigs met ‘n bril my bankkaart van my wou afneem toe ek wou geld trek op 24 Oktober omstreeks 7.30nm.

Die man het net voor my daar gestop en hy het by die Netbank-masjien gestaan soos iemand wat besig is om geld te trek. Daar was ook ‘n jong man besig om geld by die Absa-masjien langsaan te trek.

Skielik draai die Indiër na die jonger man se kant en gesels met hom. Ek gaan toe na die Nedbank-masjien, maar kon nie my bankkaart in die kaartslot kry nie.

Die volgende oomblik staan die man langs my en vertel my dat die kaartslot toe is en dat ek ‘n sekere knop op die masjien moet druk om dit oop te kry.

Dit was klaar vir my snaaks, want dit het nog nooit voorheen gebeur nie. Ek probeer toe weer om die kaart in die slot te sit, maar dit wou steeds nie ingaan nie.

Jy kon duidelik voel dat daar iets in die slot vassit. Die Indiër vertel toe vir my dat ek die kaart net ‘n bietjie skuins moet indruk, dan sal dit werk. Dit was toe dat hy my kaart by my gryp om my te wys hoe dit gedoen moet word.

Hy het ook vir my in Engels gesê, “look up”. Toe weet ek daar is moeilikheid. Ek het my kaart dadelik teruggegryp en omgedraai en weggestap.

Ek wil almal waarsku om versigtig te wees. Hierdie ongewenste elemente het ‘n elektroniese apparaat in hulle sak waarmee hulle jou kaart se gegewens kan kloon en dan is dit net nag vir jou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button