Tweede woonwa ook nou gesteel
HARTSEER KAMPERS skryf: Ons kamp al baie lank en woon al langer as 30 jaar in Kemptonpark. Na verskeie woonwaens en jare se gespaar, het ons dit goed gedink om ‘n splinternuwe Jurgens Xcape in 2008 te koop. Op 24 Augustus 2009 het iemand dit goed gedink om helderoordag ons woonwa uit ons erf te …
HARTSEER KAMPERS skryf:
Ons kamp al baie lank en woon al langer as 30 jaar in Kemptonpark.
Na verskeie woonwaens en jare se gespaar, het ons dit goed gedink om ‘n splinternuwe Jurgens Xcape in 2008 te koop.
Op 24 Augustus 2009 het iemand dit goed gedink om helderoordag ons woonwa uit ons erf te steel (betonmure en outomatiese hek). Nodeloos om te verduidelik – ons bly so 500m van die polisiekantoor in Norkempark.
Ons koop toe nuwe woonwa en vir vier jaar het ons ongelooflike terreine besoek wat slegs toeganklik is vir boswaens. Op 7 Oktober, weer helderoordag, het skelms toegeslaan en weer ons woonwa uit ons erf gesteel.
Wat moet ‘n mens doen om jou eie besittings in jou eie erf te beveilig? Dit waarvoor ‘n mens hard moet werk?? Hoe slaap so ‘n persoon en hoe lewe hy met sy gewete?
Mede-inwoners, wees op jul hoede vir hierdie arogante skelms.
