LettersOpinion

Leerlinge ‘party’ na selfmoord

Vir meer as 'n maand spook die gebeure van Vrydag 6 September al by my.

ONTSTELDE OUER skryf:

Op die betrokke dag het ek by vriende in Kemptonpark gekuier. Ek het opgemerk hoe ‘n klomp hoërskoolkinders, meeste nog geklee in hul skooldrag, by die woonstelle aan die oorkantste blok vanaf so 11.30vm saamdrom.

Die geraas, asook die hoeveelheid kinders wat by ‘n hoekwoonstel in- en uitgekom het, het klomp van die verskillende woonstelle se inwoners se aandag getrek. Ek het afbeweeg na buite om sigarette by die Engen-garage in Monumentweg te koop.

Ek het gemerk van die skoolkinders kom uit ‘n drankwinkel langs ‘n skoenwinkel met ‘n groot pienk skoen bo-op. Ek het uit nuuskierigheid by van hulle navraag gedoen.

Die kinders het my meegedeel dat hulle drink op hulle pêl wat vandag begrawe is. Ek kon eers nie glo wat ek hoor nie en het gevra of hulle ernstig is?

Met smaak het die een seun my vertel dat hul pêl ‘n week gelede selfmoord gepleeg het.

Ek is terug na die vriende by wie ek gekuier het en het gemerk hoe van die kinders in skoolklere loop en rook en aanhou in- en uitgaan by die hoekwoonstel in dieselfde blok woonstelle waar ek hulle die eerste keer opgemerk het.

Ek gesien van die inwoners van die betrokke woonstelle staan op die stoep en kyk na die kinders se doen en late. Ek het so teen 3nm vertrek en weer skoolkinders in Palmlaan gekry wat duidelik gedrink was.

Ek het een van hulle gevra by wie se plek die “party” gehou word en sy het geantwoord by haar maatjie se plek. Die woonstel waarna verwys is, is reg bokant Palmslaghuis.

As ‘n ouer wat self skoolgaande kinders het, was ek met afgryse vervul oor wat ek gesien het. Ek kan steeds nie glo dat skoolkinders kan partytjie hou na die begrafnis van ‘n vriendin van hulle wat op so ‘n tragiese wyse gesterf het nie.

Wat nog meer ontstellend is, is die feit dat kinders kan drank koop en openlik loop en rook en baie gelukkig en tevrede lyk na so ‘n tragedie. Ek wonder waar die ouers van die kind was in wie se plek die sogenaamde “party” gehou is en of die kinders wat dit bygewoon het se ouers weet waar hulle kinders na die begrafnis van hul vriendinnetjie was?

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button