Nog ongeluk by OTM
ELIZE KRUGER skryf: Deon de Ru se brief (“Hulle sal steel, maar nie help nie”) verwys. Deon, presies dieselfde het met my gebeur einde September. Dit is ‘n jong persoon, laat 20’s begin 30’s. Ek het by Standardbank by Pick n Pay Glen Marais probeer geld trek. Hy het my kaart gevat en is weg …

ELIZE KRUGER skryf:
Deon de Ru se brief (“Hulle sal steel, maar nie help nie”) verwys.
Deon, presies dieselfde het met my gebeur einde September. Dit is ‘n jong persoon, laat 20’s begin 30’s.
Ek het by Standardbank by Pick n Pay Glen Marais probeer geld trek.
Hy het my kaart gevat en is weg daarmee. Ek was onder die indruk my kaart was in die masjien.
Ek bank by Capitec en daar is nie so ‘n tellermasjien nie, so ek word gedwing om ‘n ander bank se masjien te gebruik.
Die polisie help niks nie, want jy moet bankstate vat. Waar kry ek ‘n Capitec-bank in Glen Marais?
Weer eens weier hulle om die geld terug te betaal, R1500. Ek hoop hy verstik daarin en mag my man hom vang.
Hy sal nie weer so iets probeer nie.
