LettersOpinion

Selfs ‘n sa’majoor sou skaam kry

LID VAN DIE PUBLIEK SKRYF: Sondagoggend (27 Oktober) moes ek gou ‘n vorm by Kemptonpark Polisiestasie laat beëdig. Wat ‘n skok! Nie net is die glasafskortings vieslik vuil nie, wat ‘n mens laat wonder of die stasiebevelvoerder ooit inspeksie hou. Is daar nie lappe en water beskikbaar nie? Ook is daar beslis geen besem nie. …

LID VAN DIE PUBLIEK SKRYF:

Sondagoggend (27 Oktober) moes ek gou ‘n vorm by Kemptonpark Polisiestasie laat beëdig. Wat ‘n skok!

Nie net is die glasafskortings vieslik vuil nie, wat ‘n mens laat wonder of die stasiebevelvoerder ooit inspeksie hou. Is daar nie lappe en water beskikbaar nie?

Ook is daar beslis geen besem nie. Regtig, wat sal dit vat van enige junior polisiebeampte om die aanklagkantoor uit te vee?

Orals tussen die afskortings en in die middel het dele van Sondagkoerante rondgelê.

Eerstens is daar op my gegil, dis reg, gegil. Ek moet aan die anderkant van die afskorting gaan wag, want die “ry” is daar.

Daar het een persoon gestaan en wag vir diens. Hierdie ry het later gegroei tot agt, terwyl die twee jong vroulike polisiebeamptes regtig op hul tyd gedoen wat hulle ookal doen om die publiek se tyd te mors (“belangrike” papierwerk rondgeskuif).

Die manlike beampte het ‘n baie intieme en amusante gesprek gehad met ‘n vroulike lid van die publiek wat duidelik nie gegaan het oor ‘n klagte wat sy gelê het nie.

Na hy met haar klaar was, het hy verdwyn en ons agt in die ry verder laat wag. Uiteidelik is die bevel “next!” uitgegil wat enige sersant-majoor sou laat skaam kry.

Die manier hoe sy met my gepraat het, was absoluut skokkend. Weet sy dat ek haar salaris betaal? Is daar geen opleiding vir polisiemanne hoe om met die publiek te praat nie?

Toe sy nie die stempel kry nie, het sy baie hard gepraat met enigiemand wat moes luister na haar tirade. Ek het gevoel of ek ‘n krimineel was of soos ‘n graad 8 seun voor die hoof se kantoor.

Laastens, waarvoor moet daar ‘n karwag voor die polisiekantoor wees wat vir jou beduie hoe om te parkeer?

Karwag voor ‘n polisiekantoor? Bid jou aan!

Brig Johannes Marx, stasiebevelvoerder, antwoord:

Ek bedank u vir die inligting wat u oorgedra het sodat die nodige dissiplinêre stappe geneem kan word.

Die publiek is die oë en ore van die polisie en moet ongeruimdhede rapporteur sodat diegene wat die polisie se beeld skaad, tot verantwoording gebring word.

Inwoners kan die volgende nommers gebruik om enige ongeruimdhede aan te meld:

Stasiediensoffisier: 071-608-7922

Speurdiensoffisier: 071-675-6815

Vispol-bevelvoerder: 082-822-7628 (kol Sookraj)

Stasiebevelvoerder: 082-449-7442 (brig Marx)

n Senior offisier sal met die klaer in verbinding tree om ‘n klagte teen die polisie te ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button