Bou die muur by dié ‘moordnes’
RHODESFIELD-INWONER SKRYF: Die GEBIED tussen die Rhodesfield-stasie en Spartan onder en tussen Kimmerlingstraat en die Gautrainspoor deur die Swartspruit sou toegemaak word met ‘n betonheining nadat die spoor voltooi is. Dit het nou ontaard in ‘n roof-, verkragtings- en moordnes. Die mense wat van Rhodesfield Metrostasie en Rhodesfield Gautrainstasie na Spartan beweeg word gereeld voor …

RHODESFIELD-INWONER SKRYF:
Die GEBIED tussen die Rhodesfield-stasie en Spartan onder en tussen Kimmerlingstraat en die Gautrainspoor deur die Swartspruit sou toegemaak word met ‘n betonheining nadat die spoor voltooi is. Dit het nou ontaard in ‘n roof-, verkragtings- en moordnes.
Die mense wat van Rhodesfield Metrostasie en Rhodesfield Gautrainstasie na Spartan beweeg word gereeld voor my huis en die onbeboude gebied (bosarea ) langs en onder die spoor beroof, verkrag en vermoor.
Hoeveel rooftogte, verkragtings en moorde moet daar nog plaasvind voor Bombela of Gautrain se eienaars of die stadraad die beloofde heining of muur gaan oprig? Of was dit ook maar net weer ‘n leuenbelofte om die mense van Rhodefield uitbr 1 heuning om die mond te smeer?
Ek wonder of die ouers van Rhodesfield Tegniese Skool weet dat hulle kinders elke dag deur hierdie gevaarlike bebosde gebied langs die Gautrainspoor skool toe en terug beweeg.
Werkgewers in Spartan, weet julle dat julle werkers vanaf 4vm tot so laat as 10nm na en vanaf hulle werksplekke deur daardie gebied na die onderskeie stasies beweeg?
Daar is ongelukkig net vier huisbewoners in die agtergeblewe straat langs die spoor wat sien wat hier gebeur en daar word niks daaraan gedoen nie. Dankie aan die polisie wat met hulle te min voertuie en personeel af en toe hier patroleer en probeer om misdaad te bekamp terwyl hulle op ander plekke ook nodig is.
Hierdie probleem kan opgelos word met ‘n 50m heining wat belowe is en nooit nagekom is nie.
Hoeveel kinders moet nog verkrag, vermoor en beroof word voor iemand dit gaan stop? Bou die muur asseblief.
