LettersOpinion

Baie net te sleg om te werk

Onskuldige mense gaan dood oor dronkbestuurders

ELIZE KRUGER skryf:

Ek kan julle sê hoekom daar altyd mense op paaie sal doodgaan, want daar word nie meer padblokkades gehou nie.

Die metropolisie werk tot 11nm en dan is almal weg. Die polisie is nie meer soos wat hulle was in die ou dae nie, hulle is te bang die een doen meer werk as die ander een.

As daar inbrake is, moet jy ‘n ewigheid wag dat ‘n voertuig uitgestuur word of as jy hulle bel, dan is daar nie voertuie nie.

Maar as jy rondry, dan is hulle besig om koffie te drink of om te eet. Die sekuriteitsmanne werk harder omdat hulle die polisie se werk ook moet doen.

Rowers en dronkbestuurders kom weg omdat daar nie meer ‘n gereg is om op staat te maak nie. Wat die ergste is, is die polisiemanne wat wel werk vir die regte redes ly daaronder.

Sommige mense doen niks nie en kry ‘n salaris en dis nie eers meer hulle trots nie. Kry mense wat dit nog as ‘n passie doen en die polisie sal ook weer ‘n trots wees.

Onskuldige mense gaan dood oor dronkbestuurders. As hulle gevang word, is hulle Maandag weer uit.

Onskuldige lewens word weggevat oor dronkbestuurders op ons paaie, baie min mense weet wat regtig aangaan buite. As ons lees is mense oorlede oor drank.

Hoekom? Want niemand het meer lus om laat te werk nie. Hulle ure word gesny, dan is hulle te sleg om net die werk ordentlik te doen. Die wat wel werk, weet hulle sal als gee om daai bietjie ekstra in te sit en ons sê dankie vir hulle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button