LettersOpinion

Sy stem saam oor vuil kantore

"Jy sal miskien jou eie ink vir die stempel moet saamvat, want hulle het nooit voorraad nie. Hulle diens is egter puik."

PAM MARAIS van Allen Grove skryf:

In antwoord op die brief deur Lid van die Publiek rakende die vuil kantore by Kemptonpark Polisiestasie.

Ek stem heeltemal saam dat die kantore in ‘n haglike toestand is.

My man moes eenkeer dokumente laat stempel. Hy is gevra of hy eers ‘n koeldrank vir hulle sal koop voor hulle die papiere sal doen.

Hy het geweier en omdat hy ‘n paar papiere gehad het, moes hy weer agter in die ry gaan staan, want hulle doen net twee per persoon.

Eendag moes ons ‘n verklaring gaan aflĂȘ. Ons is boontoe gestuur. Die kantoor was vuil waar jy die vloer kon sien. Die res van die vloer was gesaai met stapels lĂȘers.

Meneer, doen jouself ‘n guns en gaan Norkempark Polisiestasie toe. Hulle is vriendelik en jy word dadelik gehelp.

Jy sal miskien jou eie ink vir die stempel moet saamvat, want hulle het nooit voorraad nie. Hulle diens is egter puik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button