LettersOpinion

Die kerssangdiens was stil vanjaar

Wil die orrelis dit nie oorweeg om hierdie geleentheid weer in te stel nie?

ANNATJIE Dippenaar skryf:

ELKE jaar sien ons met groot verwagting uit na die gesamentlike kerssangdiens van alle gemeentes by die Moederkerk, in die hartjie van die stad.

Hierdie geleentheid was gewoonlik aan die begin van November en het die naderende feesgety vir al die kerke ingelui.

Die verskeidenheid kunstenaars van hoë gehalte was voorwaar altyd ‘n fees en die samesang soos engelekore.

Dit was die hoogtepunt van ons jaarlikse kalender en ‘n verrykende ervaring.

Hierdie jaar is ons egter begroet met ‘n dawerende stilte! Wat het van hierdie kulturele en spirituele geberrtenis geword?

Ons het sover as moontlik alle kerke se kerssangdienste probeer bywoon in die hoop om ‘n soortgelyke ervaring te beleef, maar helaas.

Wil hulle uiters bekwame orrelis dit tog nie asseblief oorweeg om hierdie geleentheid waar alle Christene bymekaarkom om Sy lof te besing, weer in te stel nie?

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button