
NAAMLOOS skryf:
EK skryf net ‘n briefie, want ek glo daar is baie pensioentrekkers wat graag wil weet wat hulle te doen staan met hulle honde en katte wat reggemaak moet word, maar dit glad nie kan bekostig nie.
Om ‘n kat reg te maak is R1 200 en jy moet dit betaal.
‘n Persoon wat pensioen kry, kan dit nie betaal nie. Daar is nie eers afslag nie, jy moet ten volle betaal.
Waarom is daar nie ‘n Animal Cruelty soos in Kaapstad nie? Daar kan ‘n persoon miskien R80 of R100 betaal om ‘n dier reg te maak vir ‘n pensoentrekker.
‘n Pensioenaris het ‘n huis, water, en krag om te betaal. Hulle moet ook kos koop.
Waarvan moet hulle lewe vir die maand as jy die bedrag moet betaal?
Ek weet daar was iemand jare terug met die naam Ally Cat wat diere reggemaak het, maar niemand weet waar daardie persoon is nie.
Help asseblief die mense wat hulp nodig het om hulle diere reg te maak sodat daar geen baba’s is nie.
