LettersOpinion

Waarom is al die foto’s saam?

Die een stelsel toets feitekennis en geheue, die ander insig en toepassing

ONSEKER van Glen Marais skryf:

Baie geluk aan al die matrieks wat hard gewerk en goed presteer het – Express 16 Januarie.

Maar ek sien die middelbladfoto’s bevat leerlinge wat beide uit die staatskoolstelsel en die IEB-stelsel kom. Volgens my inligting is die een stelsel onderworpe aan politieke aanpassings, die ander nie.

Die een stelsel se nasieners word net in die Wes-Kaap gekeur en die res van die land gebruik wie beskikbaar en gewillig is, terwyl die ander stelsel se nasieners baie streng geselekteer word.

Die een stelsel toets feitekennis en geheue, die ander insig en toepassing. Beteken die saamgooi van toppresteerders dat die twee stelsels besig is om nader aan mekaar te beweeg.

Glad nie. Die foto’s word slegs saamgevoeg om publikasie-doeleindes te vergemaklik – Redakteur

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button