LettersOpinion

Fotograaf het ‘n fout gemaak

Miskien het hulle ook gestremde familie en is al goed siek vir mense wat op die gestremde parkering parkeer

YOLANDA STEENKAMP van Glen Marais skryf:

Ek wil graag my mening gee oor die artikels oor Stefan Maritz in laasweek se uitgawe.

Aan Marinda Blomerus wil ek net sê, duidelik het die fotograaf ‘n fout gemaak. Ons is almal net mense en ons maak foute.

Dit is goed dat Kempton Express die artikel geplaas het om te bevestig dis ‘n fout. Jy moet eerder dankie sê dat die fotograaf die belange van gestremdes op sy of haar hart het.

Miskien het hulle ook gestremde familie en is al goed siek vir mense wat op die gestremde parkering parkeer net omdat dit nader is. Ek wou al self ‘n foto neem, maar is te bang ek word deur die bestuurder gevloek.

Niemand gaan staan en wag tot die bestuurder uit die winkel kom om te bevestig of hulle wel gestremd is of nie. Ek dink die fotograaf was baie dapper.

Vir Stefan wil ek net sê ek is jammer vir wat hy en sy familie al deurgegaan het, maar asseblief, sit tog ‘n gestremde plakker op jou agterruit. Dan sou hierdie hele afêre nooit gebeur het nie.

Aan Kempton Express wil ek net vra? Hoekom moet julle nou die veldtog staak? Dis nie nodig nie. Maak eerder reëls en sê as jy gestremd is, plaas asseblief ‘n plakker op jou agterruit. Of dit nou ‘n Porch of skedonk is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button