LettersOpinion

Stilhou verbode beteken nou ‘taxi stop’

Maar broer, mag jy net een kilometer per uur oor die spoedgrens gaan, dan kry jy die doodstraf

ANONIEM skryf:

Daar is gereeld klagtes in die koerant oor die verkeerswetstoepassing. Miskien kan ek ‘n paar van die onduidelikhede uitlig.

Eerstens: Daar is ‘n klomp verskillende padverkeerswette. Daar is natuurlik die wet en regulasies soos verskyn in die staatskoerant.

Dan is daar ongeskrewe wette (baie belangrik). Daar is een vir die taxi’s, een vir die metropolisie, een vir die polisie en een vir insleepvoertuie.

Om te verduidelik hoe ‘n “stopteken” of “stopstraat” werk. Hierdie is ‘n rassistiese diskriminerende teken.

Vir die normale persoon is dit steeds ‘n stopteken wat beten STOP. Dan is daar die groep wat, ongeag die voertuig waarmee hy ry, vir wie dit beteken verminder spoed en ry verder as dit veilig is.

Dan is daar die ongeletterdes wat nie ‘n hel omgee nie en net oor die stopstraat ry ongeag of dit veilig is of nie. As jy ‘n duur Duitse Motor (DDM) ry, hoef jy glad nie stadiger te ry nie,

Laastens, as jy ‘n swart VW Golf ry, mag jy nie stadiger as 60km/h oor die stopstraat ry nie.

Dan het ons verkeersligte. Die sogenaamde “robot” soos ons normale mense dit ken, het nou verander.

Die persone wat in Mooifonteinweg afry sal verstaan. Die verkeerslig by Pick ‘n Pay het verander in ‘n – en die Engels werk vreeslik lekker hier – na ‘n “Demarcated Taxi Rank”.

Maar dit is reg so, want die wet laat dit toe dat jy in ‘n interseksie van twee besige strate mag stop om passasiers op en af te laai.

Die stilhou verbode het verander na “Taxi Stop”.

Maar broer, mag jy net een kilometer per uur oor die spoedgrens gaan, dan kry jy die doodstraf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button