LettersOpinion

Verkeersnagmerrie: maak Vleistraat maar toe

Dit vat amper twee ure om 9km te ry

BAIE ONTEVREDE skryf:

Ek woon al vir jare in Kemptonpark en die verkeersprobleme raak net erger.

Wanneer gaan ons stadsbeplanners ooit aandag gee aan Kemptonpark se paaie?

Daar is behoorlik chaos (veral in reënweer). Vleistraat kan maar gesluit word, want dit is buitendien meeste van die tyd oorstroom.

Kan julle nie maar ‘n bruggie oor die “probleem” bou nie? Wanneer dit onbegangbaar is, is almal genoodsaak om Pretoriaweg te gebruik, wat dan stilstaan of in ‘n selfmoordroete verander.

Almal druk en stoot dan om deur te kom. Taxi’s vorm sommer vier bane en ry voor aankomende verkeer in.

Geen verkeersbeamptes in sig nie. Ons Kemptonparkers moet ‘n petisie teken en maan om veiliger verkeerstoestande. Vanaf Norkempark/Birchleigh se kant af na Glen Marais is daar net twee uitgange.

Wanneer Vleistraat onder water is, hoop die verkeer van oral af op. Elginweg staan, Mooifonteinweg staan, CR Swartrylaan staan, die P91 staan.

Ek het om 7.10vm van my huis vertrek en het eers 8.50vm by my werk aangekom – ‘n kwessie van 9km. Met al die verkeer is daar net te min paaie. Wie stem saam met my?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button