LettersOpinion

Kragpale in pan ‘n gevaar?

Al wat almal deesdae ken is lap en spoeg herstelwerk

QUINTEN ESPACH skryf:

Wat gaan Eskom doen met die kragpale wat in die Norkempark-pan staan?

Dit was heeltemal ander omstandighede toe dit opgerig is. Toe was daar nie veel water in nie. Ek kan nog onthou hoe die ouens dit in ‘n ovaalbaan verander het met hulle motorfietse.

Maar gaan kyk waar staan die watervlak nou. Dit is omtrent al 2m teen die pale op. Gegalviniseerde staal het ook maar sy beperkings. Ek kan nie glo daar word niks omtrent dit gedoen nie.

As daardie staal moet deurroes en daardie kragdrade val op die grond en in die water, gaan dit ‘n gemors afgee wat weke gaan duur om reg te stel. My voorstel is om die pan te dreineer. Ek weet daar is al pompe ingesit, maar dit doen nie veel nie.

Nog twee voorstelle is: grawe ‘n sloot aan die noordekant tussen die kragpale, deur Maraboestraat tot in die stormwatersloot wat parallel met Mooirivierrylaan afvloei.

Voorstel twee is om “horizontal drilling” of “pipe jacking” te van Maraboe se kant af te doen, op die vloervlak van die pan, om die water te dreineer.

Die water kan dan met gravitasie wegvloei.

Ek weet al die natuurbewustes gaan hieroor kla, maar waar was hulle toe die stadsingenieurs al die bou-ontwikkeling om die pan goedgekeur het?

Al die soliede dakke en vloeroppervlaktes se water word mos meer soos meer strukture gebou word.

As die pan dan drooggelê word, kan die P91 ook makliker in ‘n dubbelpad verander word.

In die ou dae is gepraat van voorkomende instandhouding, maar al wat almal deesdae ken is lap en spoeg herstelwerk.

Dit sal dalk goed wees as ons weet dat Eskom die staaldikte onder die water elke jaar meet en dat so ‘n verslag beskikbaar is.

‘n Woordvoerder van Eskom antwoord:

“Die risiko wat die torings in die water stel, is geïdentifiseer. ‘n Projek is geïnisieer om die risiko’s aan te spreek.

Ons wag vir goedkeuring van die Departement van Waterwese, wat besig is om die impak van die projek op die vleiland te bepaal voor die projek kan voortgaan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button