LettersOpinion

Vat roekelose bestuurders vas

Vat hul rybewys summier weg vir 'n maand

ROEKELOSE HATER skryf:

Gaan mense nooit besef nie as hulle roekeloos bestuur, rooi verkeersligte verontagsaam, hulle ‘n gevaar vir die pad en ander padgebruikers is?

As die mense net wil besef dit is onskuldige mense wat in motorongelukke vermink word of sterf omdat hulle nie die padreëls nakom nie.

My grootste vrees op ‘n Sondagaand as ons van die kerk af kom, is die verkeersligkruisings wat verontagsaam word. Nou die aand weer dieselfde storie.

Die verkeerslig is lankal rooi vir verkeer in Monumentweg en groen vir die straat wat kruis, dan kom daar nog ‘n maniak oorgejaag. Ons stop gewoonlik eers of ry baie stadig om te sien of die kruising skoon is. Jy moet altyd dink en doen vir die ou wat nie omgee of vir hom self kan dink nie.

En een aand het dit sommer by twee kruisings gebeur dat mense oor rooi ligte jaag.

Dit is baie lekker om by jou huis te wees, veral in die aand wanneer gevaar op die pad is, maar is dit nie die verkeerspolisie se plig en diens om tydig en ontydig op die paaie te wees nie?

Hoekom kan hulle nie bietjie opoffer en Saterdag- en Sondagaande die moeite doen en die skuldiges vasvat en ‘n goeie voorbeeld van hulle te maak nie deur wetsgewys streng op te tree?

Vat hul rybewys summier weg vir ‘n maand. ‘n Paar optredes en voorbeelde sal dalk nie net baie lewens red nie, maar ook weer padorde terugbring.

Hierdie afgelope maand is daar soveel onskuldige mense dood op die paaie. Doen iets.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button