
LEONIE SMIT skryf:
Ek het ‘n klein besigheid in Monumentweg en is daagliks en meer as een keer per dag verstom oor die arrogansie van motoriste en motorfietsryers en hoe hulle in Monumentweg jaag.
Soms is die geraas so oorverdowend dat mens kwalik ‘n gesprek oor die telefoon kan voer. Meermale is dit ook motorbestuurders wat kinders in hul motor vervoer.
Ek het al per vorige geleentheid gevra of die verkeerspolisie nie iets hieromtrent kan doen nie en was ingelig dat ek ‘n brief moet opstel wat my besware uitlig, geteken deur al die besighede om my, voor die verkeerspolisie iets kan doen.
Ek vind dit hoogs onverantwoordelik en wonder of hierdie voorstel nie net kom van iemand wat nie lus is om te werk nie.
Daarom plaas ek my kommer op skrif en hoop die verkeerspolisie sal teen hierdie jaagduiwels optree.
