LettersOpinion

Bly vir hulp met petrol

'Sy het my gemoedstoestand van gespanne na ‘n dankbare hart beweeg'

SONDER PETROL skryf:

Graag wil ek dankie sê aan die vrou wat my op 28 Mei gehelp het om my motor gedurende spitstyd by die kruising van Pretoriaweg en CR Swartrylaan weer aan die ry te kry.

Ek het my selfoon by die huis vergeet en kon niemand vir hulp bel nie. Ek sou die motor alleen in die middel van die pad moes los en voetslaan na die vulstasie.

Gelukkig het ek kontant by my gehad en ek hou altyd ‘n petrolkan en pyp in my motor vir ‘n noodgeval – ‘n gebruik sedert my studentedae.

Toe my motor besluit om te gaan staan en ek uitklim, het die vrou sommer dadelik hulp aangebied.

Terwyl sy na die vulstasie gery het om pertol te koop, staan ek daar in die verkeer. Ek kry skaam, want ek ry maar ‘n ou motor en nou veroorsaak ek ‘n probleem.

Daar staan en dink ek aan die vriendelikheid en behulpsaamheid wat daar nog onder ons mense te vinde is. Gedurende die 10 tot 15 minute wat ek daar gestaan het, het net een ander vrou ook gevra of sy kon help.

Toe die vrou terugkeer met die petrol, deel ek haar mee dat ek dit geniet het om daar te staan. Ek weet nie wat sy van my opmerking gedink het nie, maar sy kan verseker wees dat ek daaraan gedink het hoeveel mense daar nog is wat blydskap teweeg kan bring aan mense wat ‘n probleem ervaar.

Sy het my gemoedstoestand van gespanne na ‘n dankbare hart beweeg.

Baie dankie vir jou hulp!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button