LettersOpinion

Die metro steel ons geld

'O ja, ek het vergeet. Ons Suid-Afrikaners is mos te sleg om saam te staan'

BESWAARDE Birchleigh Inwoner skryf:

Wat is Ekurhuleni Munisipaliteit se probleem?

Hulle steel ons geld. Hulle rekeninge word uitgestuur en dan moet dit teen die 23ste betaal word. Wie kry betaling teen daardie tyd?

Die 26ste word aanmanings uitgegee en dan sommer ‘n R90 ekstra op die rekening. Ek kry eers die 27ste salaris en al die ander instansies by wie ek rekeninge het se betalings word die 30ste uit my bankrekening afgetrek.

O nee, nie onse munisipaliteit nie. Hulle sal eerder steel, steel en bly steel. El sal nie die ekstra R90 betaal nie en gaan beslis die saak verder vat.

Daar is baie ander inwoners wat presies dieselfde voel as ek en daarom pleit ek by julle: kom ons staan almal saam teen die gestelery van ons munisipaliteit.

O ja, ek het vergeet. Ons Suid-Afrikaners is mos te sleg om saam te staan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button