LettersOpinion

Nog ‘n inwoner met kompos gevang

BETS skryf: Alida se brief van 12 Junie oor die kompos verwys. Op 8 April het die bakkie met vyf mans gestop. Baie goeie kompos. R15 ‘n sakkie. Binne agt weke kom sny ons jou gras. R1 500 verder vir 87 sakkies is die stuk grond nog hard en geen gras nie. Net ‘n hewige …

BETS skryf:

Alida se brief van 12 Junie oor die kompos verwys.

Op 8 April het die bakkie met vyf mans gestop. Baie goeie kompos. R15 ‘n sakkie.

Binne agt weke kom sny ons jou gras. R1 500 verder vir 87 sakkies is die stuk grond nog hard en geen gras nie. Net ‘n hewige waterrekening.

Jy moet die grond klam hou, is gesê. My man is gevra om dadelik die geld oor te plaas. In ‘n konfrontasie is net gesê dis jou verlies.

Die verkoper het jou byna vriendelik gedwing om te koop sonder om regtig iets te sê. Die spreker loop mank.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button